Your Recipe Blog

RINIE SE “RUSTIC” PANNEKOEK

RINIE SE “RUSTIC” PANNEKOEK

  • 3 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 4 ½ koppies water
  • 1 ½ teelepels sout
  • 3 teelepels olie of gesmelte botter
  • 3 teelepels suurlemoensap
  • 3 geklitste eiers

Sif die droë bestanddele saam en voeg die olie by.
Meng die water, eiers en sap en voeg dit by die droë mengsel.
Klits goed tot die beslag glad is.
Gooi ‘n teelepel olie in die pan en verhit.
Skep genoeg beslag om die bodem van die pan te bedek.
Bak tot ligbruin vir ‘n minuut of twee, draai die pannekoek om en doen ook so aan die anderkant.
Laat gly die pannekoek uit die pan bo-op ‘n bord of in ‘n glasbak.  Sit deksel op.
Om te bedien strooi suiker en pypkaneelmengsel oor.
Nota:
Vroulief het mettie spaan omgedraai maar ek was braaf genoeg om dit te flip en geen glips gehad nie.
Ek het vir my ‘n dubbelle een gebou en in die middel gesmeer met katjie botter en heuning en was djeeeerlik.
Ek het sommer my rooipannetjie gebruik hy is mos baie “versatile”.

Resep en foto: Gideon Louw

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page