Your Recipe Blog

RINIE SE PAMPOENTERT

RINIE SE PAMPOENTERT

Hierdie pampoentert van my vroulief was uit die boeke.
Vroulief het gistraant die pampoentert gemaak saam met ons slaaibraai (hoender).

  • 2 koppies gaar pampoen, gedreineer
  • ¾ koppie suiker
  • 2 eetlepel gesmelte botter
  • 2 eetlepel koekmeel hoogvol
  • 2 teelepel bakpoeier
  • 2 eiers wit en geel, geskei
  • 1 koppie melk (heel laaste )

Meng suiker en botter en voeg die eiergele by.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en meng by die bottermengsel in.
Voeg die gaar pampoen by en meng deur.
Klits die eierwitte styf en vou in by die mengsel.
Sit laaste die melk by en meng.
Skep in voorbereide oondbak.
Besprinkel met kaneel en suiker voor bak.
Bak in matige oond op 180°C tot gestol en effens bruin.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page