Your Recipe Blog

RIA SE AARTAPPELSOP

RIA SE AARTAPPELSOP

  • 8 aartappels, geskil in blokkies gesny
  • 1 ui, in blokkies gesny
  • 2 koppies kookwater met groente aftreksel
  • 2 koppies melk
  • sout en peper na smaak
  • gemengde kruie na smaak
  • 2 eetlepels knoffel, sommer die in die botteltjies
  • 1 koppie room

Braai die uie tot sag.
Voeg die speserye by en braai effens saam met die knoffel.
Voeg aftrekselwater en aartappels by.
Kook tot alles sag is.
Voeg die melk by en laat kook deur.
Verwyder van stoof, maak fyn met menger of soos verkies.
Voeg room by, roer deur en bedien.

Nota:
Nog ‘n variasie is om ‘n handvol gerasperde kaas by te voeg en goed te meng.
Geniet dit.

Resep en foto:  Ria Jacobs‎

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page