Your Recipe Blog

REPIES VARKVLEIS EN GERASPERDE WORTEL QUESADILLAS

REPIES VARKVLEIS EN GERASPERDE WORTEL QUESADILLAS

As jy pulled pork in die vrieskas het, of selfs gaar hoender of enige oorskiet vleis, is die ‘n heerlike aandete vir die warm weer en vakansie. Jy kan dit selfs op die braai doen – wat dan nou beter? En die kinders sien nie groente wat jy wegsteek nie!

  • 10 wraps/tortillas
  • 1 groot ui, gesny in blokkies of ringe
  • 200 ml pulled pork (repies vark)
  • 2 wortels, gerasper
  • 2 eetlepels BBQ sous/Spur sous
  • 75 ml water
  • sout en peper na smaak
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • 350 – 500 ml gerasperde kaas
  • baba spinasie blare
  • olie vir vlakbraai

Braai ui in olie tot ligbruin.  Voeg varkvleis en wortels by, en braai 5 – 10 min oor medium hitte.
Voeg BBQ sous, water en geurmiddels by, en prut tot al die vloeistof weggekook het.
Verdeel die mengsel tussen 5 wraps, pak spinasieblare bo-op, en sprinkel kaas bo-oor elkeen.
Braai oor medium hitte weerskante in ‘n pan (of kole) tot goudbruin.
Sny in skywe met ‘n pizza snyer, en eet net so of saam met slaai.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page