REëNBOOGSLAAI
- 3 pakkies reënboogslaai, gekoop gekerf
- 1 klein pakkie “cocktail” tamaties, gesny
- 2 groen appels, geskil en gekerf
- 1 klein pakkie geroosterde en gesoute kasjoeneute
- Slaaious:
- 2 teelepels heelkorrel mosterd
- sout en peper, na smaak
- bietjie balsamiese asyn
- Ekstra:
- 1 pakkie gebraaide broodblokkies “croutons”, opsioneel
Meng die slaaisous bestanddele saam.
Meng die slaai bestanddele saam in ‘n slaaibord.
Bedrup met die sous en roer deur.
Sprinkel die broodblokkies oor net voor opdiening.
Resep en foto: Adél Annandale
Category: