Your Recipe Blog

RATATOUILLE à LA ROSALINA

RATATOUILLE à LA ROSALINA

Rosalina is die pers-rooi ui wat nou op die supermark-rakke gekry word. Dit is soet en sappig – ‘n enorme aanvulling vir vele disse van ‘n slaai tot by ‘n vegetariese gereg. Daar word gesê: “ Don’t cry – give a Rosalina a try!” Wanneer ek rooi uie gebruik om Ratatouille te maak, noem ek my dis ‘Ratatouille à la Rosalina’!!

  • 2 groot rooi uie, in dun ringetjies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 37,5 ml Franse slaaisous
  • 500 g geskilde tamatieskywe
  • 1 elk groen, geel en rooi soetrissie
  • 500 g murgpampoentjies

Braai uie en knoffelhuisies in die Franse slaaisous in ‘n wok vir 5 minute. Voeg die tamatieskywe, soetrissies en murgpampoentjies by en roerbraai vir 5 minute.
Geur na smaak; sprinkel ‘n handjievol kruie bo-oor;  besprinkel met sesamesaad en bedien as ‘n bykos of ‘n vegetariese maal.

Resep en foto: Hélène Kluge

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page