Your Recipe Blog

RAAP EN AARTAPPEL GRATIN

Recipe by
Cook: 70 minute

RAAP EN AARTAPPEL GRATIN

“Wanneer ‘n mens die low carb/keto/diabetiese manier van eet begin volg, probeer mens lekker en bekende geregte vervang met geregte wat laer in koolhidrate is. Party resepte is suksesvol, ander nie…maar dié resep is amper net soos die ware Jakob, maar báááie laer in koolhidrate. Dit is ‘n raap gratin (bake) – heerlik saam met braaivleis, of enige plek waar ‘n lekker ‘aartappelrige” bykos nodig is. Viva rape… hulle hoort definitief nie net in “soup packs” nie!!!”

  • 2 rape, geskil en in dun skywe gesny
  • 1 teelepel vars tiemieblare
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 1 teelepel droë pietersielie
  • sout en peper, na smaak
  • 1½ koppies gerasperde kaas
  • 1 koppie room

Plaas derde van rape in gesmeerde oondbak. Sprinkel van tiemie, sout, peper en halwe koppie kaas bo-oor. Pak nog derde van rape op, en sprinkel knoffelpoeier, sout, peper en halwe koppie kaas bo-oor. Plaas laastens laaste derde van rape bo-op, en sprinkel laaste pietersielie, sout, peper en laaste halwe koppie kaas bo-oor. Versprei room oor alles. Bak op middelste rak by 180 °C toe vir 50 minute, en dan oop vir 20 minute tot goudbruin.

Nota: Ilze Jacobs –
Rape bak nie heeltemal so sag soos aartappels nie: meer soos wasagtige aartappels (waxy potatoes). Maar steeds heerlik. En Suid-Afrikaanse rape kan dalk bitterder wees – so kook hulle eers ‘n paar minute (herhaal twee tot drie keer) en gooi die water af om die bitterheid te verwyder. Dit is nie nodig vir celeriac nie.

Nota:  Celeriac is ‘n raapagtige soort seldery.

Resep en fotos: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page