Your Recipe Blog

“PYTT I PANNA” ONTBYT

“PYTT I PANNA” ONTBYT

Baie maal weet jy nie wat om met oorskiet beet te maak nie. My seun was in Swede en het hierdie dis daar geëet, hulle noem dit Pytt i Panna. Het dit oor die naweek probeer, baie lekker, my eie manier gemaak.

  • beet, oorskiet of vars gemaak
  • 250 g spek, gesnipper
  • eiers – 2 per persoon
  • aartappels
  • sout en peper

Begin om beet te kook en bewerk, indien nie alreeds het nie.
Braai spek en hou vet om aartappels ook in te braai.
Sny aartappels in blokkies 1 of 2 per persoon hang af van grootte, kook tot gaar, laat water afdrip en braai in spek vet.
Meng aartappels en spek saam, skep op ‘n bord.
Bak eiers soos verlang en plaas bo-op spek en aartappel mengsel.
Bedien met gesnyde beet op die kant, voeg sout en pepper na smaak by.
Dit smaak baie lekker!

Resep en foto: Petro van Genderen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page