PYNAPPELRINGE MET SPEK
So ietsie nuuts vir by die naweek braai.
- 1 blik pynappelringe
- 2 pakke repies spek
- Mozzarella kaas in dun repies gesny of enige kaas van keuse
Neem ‘n pynappel ring en pak die kaas rondom op die pynappelring sodat die holte oop bly.
Gebruik die repies spek en draai dit om die pynappelring todat die hele pynappelring met die kaas bedek is met die spek.
Braai dit op die kole totdat die spek mooi bruin is en die kaas gesmelt.
Geniet.
Resep en foto: Ilona Turner