Your Recipe Blog

PYNAPPEL ROOMKAASTERT

PYNAPPEL ROOMKAASTERT

  • 1 blik kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 houer roomkaas
  • 250 ml houer vars room
  • 1 blik “crushed” pynappel, gedreineer
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies

Klits suurlemoensap en kondensmelk saam tot dik en sit eenkant.
Klits room styf en klits roomkaas in.
Klits kondensmelkmengsel by die roomkaasmengsel.
Voeg pynappel by en meng goed deur.
Pak ‘n laag beskuitjies onder in ‘n tertbak. Skep die vulsel op die koekies.
Strooi Tennisbeskuitjie krummels oor die tert.
Plaas in die yskas tot gestol.

Resep en foto: Aneen Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page