Your Recipe Blog

PRYSWENNER VRUGTEKOEK

PRYSWENNER VRUGTEKOEK

Ongelooflik lekker..ek het klaar geproe! Die maklikste en regtig die beste resep ooit!!
Ek het net 250 g verglansde vrugte gebruik en 250 g gemengde neute ingesit. In plaas van 500 g verglansde vrugte.

  • 1.25 kg vrugtekoekmengsel
  • 500 g dadels, fyn gesnipper
  • 500 g verglansde vrugte
  • 125 g rooi glanskersies
  • 500 ml brandewyn
  • 500 ml klam bruinsuiker
  • 500 g sagte botter
  • 6 eiers
  • 820 ml koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml fyn kaneel
  • 3 ml fyn gemmer
  • 3 ml neutmuskaat

Sit die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte en kersies saam met die brandewyn in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Prut vir twee minute, bedek en verwyder van die hitte. Laat staan vir een uur.

Voorverhit oond tot 150°C en smeer ‘n groot koekpan van 28 cm of twee panne van 20 cm goed met botter.

Voer boom en kante uit met ‘n paar lae bakpapier en smeer weer. Draai ‘n kraag van bruinpapier om pan(ne). Verroom suiker en botter tot romerig en klits eiers by.
Sif meel, koeksoda, kaneel, gemmer en neutmuskaat oor en roer ‘n paar keer. Voeg vrugte en brandewynmengsel by en meng goed.
Skep in voorbereide pan(ne) en bak vir sowat 3 uur (vir groot koek) of 1 ¾-2 uur (vir kleiner koeke) tot deurgaar. Laat in pan afkoel, keer uit en bêre in lugdigte houer.

Lewer 1 koek of 2 middelslag koeke

Notas:
Dit is ‘n heerlike resep en nog ‘n lekkerte van die koek is dat jy dit sommer die dag nadat jy dit gebak het al kan eet. Of jy kan dit vir ‘n paar maande rypmaak.
Jy kan dit ook vries (tot ‘n jaar lank) of in ‘n lugdigte houer in die yskas bêre (vir tot 6 maande).

Werklik ‘n staatmaker

Foto: Charné Van Staden

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page