PRUIMKONFYT IN DIE MIKROGOLF
- 1 kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
- 1 kg suiker
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 2 teelepels botter
Gebruik ‘n glas mikrogolf houer.
Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%.
Haal uit en hou eenkant.
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%.
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur.
Mikrogolf vir verder 25 min op 100% terwyl elke 10 min geroer word.
Nota:
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel in goed voorbereide bottels en deksels en bêre.
Geniet.
Resep: Trix Arp Smit
Foto: Yvonne Little