Your Recipe Blog

PREDIKANTSVROU POEDING

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 - 6 porsies

PREDIKANTSVROU POEDING

Estelle Mennigke – Hi julle ek het die predikantsvrou poeding gemaak of my “moerpoeding” wat ek op die blog gekry het names die admins, lol dankie julle hy’s heerlik!

  • 3 eetlepels botter/margarien, sag (45 ml)
  • 1 koppie suiker (250 ml)
  • 1 eier
  • 1 koppie koekmeel (250 ml)
  • 1 koppie melk (250 ml)
  • 1 teelepel vanilla geursel (5 ml)
  • 2 eetlepels gou stroop (30 ml)
  • 1 teelepel koeksoda (5 ml)
  • knippie sout (1 ml)
  • Ekstra:
  • klein blikkie Ideal melk of onderstaande sous

Klits die botter, suiker en eier saam tot romerig.
Meng die melk en koeksoda en hou eenkant.
Voeg die vanilla geursel en stroop by die eiermengsel en klits goed.
Voeg die koekmeel en sout by en meng deur saam met die melkmengsel.
Skep die beslag in ‘n oondbak. Bak vir ‘n ¾ uur op 180ºC of tot gaar toets.
Wanneer gaar, giet ‘n klein blikkie Ideal melk bo-oor die warm poeding.
Bedien met vla of soos verkies.

Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook die volgende sous saam.

  • ½ koppie melk (125 ml)
  • 2 eetlepels suiker (30 ml)
  • 1 teelepel margarien (5 ml)

Plaas al die bestanddele in ‘n pot op die stoof en kook saam.
Giet oor die poeding sodra die poeding uit die oond kom.
Geniet saam met vla of room of roomys.

Resep geplaas deur: Heidi Potgieter
Foto in groot bak: Estelle Mennigke

Ekstra foto’s: Rina Kleinhans
Ek het vandag die Predikantsvrou poeding gemaak maak in klein porsies in my 12 gaatjie muffin pan  vir ongeveer 20 min gebak. Omdat ons net twee mense is, nou kan ek die porsies vries en uithaal soos benodig. Dit het heerlik gekom, ek het net Ideal melk oor geskep, en die suiker met versoeter vervang. Ek het bedien met vla en room, en dit was sommer heerlik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page