POTGEBRAAIDE LAMSNEK MET GROENTE POT
Kyk nou is ek op vir braai, slaai, kouevleis en leftovers.
Vandag is dit potgebraaide lamsnek, klein koolkoppies, baba skorsies en wortels met rys. Koelerig hier so dit werk saam.
- 3 lamsnekke, opgesaag
- knoffel, gesny hoeveelheid na smaak
- 2 groot uie, gekerf
- 2 koppies “beef stock”
- 4 groot wortels, in stukke gesny
- 2 klein koolkoppies, deur gesny (die stronk in gelos)
- 6 baba skorsies, deurgesny
- 1 pakkie lam en groente soppoeier
Was vleis goed af in asyn water.
Sprinkel met speserye van keuse, ek het Aromat, swartpeper, bietjie gebreekte koljander en braaispeserye gebruik.
Plaas bietjie olie in die kastrol. Braai bietjie knoffel en uie in olie en skep uit in bakkie.
Braai stukke nek tot mooi bruin in dieselfde kastrol.
Voeg die “stock” by, ek sommer beef stock gebruik. Laat kook tot sag. Lam kook vinnig sag.
Na ‘n ½ uur het ek die wortels ingepak, toe kool koppies en laaste skorsies.
Kook tot alles sag is.
Laaste voeg die pakkie soppoeier by, aangemaak met bietjie water tot ‘n pasta.
Kook goed deur en bedien saam met rys en tuisgemaakte beetslaai.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk