POTBROOD MET ‘N VERSKIL
Gister was een van daai awesome “net voor die somer rerig heeltemal hier is” dae. Die braai is onder die “covers” uit gehaal en het vir die eerste keer die lig gesien na maande van wegkruipertjie speel. En natuurlik… potbrood was op die spyskaart. So lig soos ‘n veer en so lekker soos my eie ma se gebak toe ek ‘n klein dogtertjie was.
- 2 pakkies 500 g Wright’s Ciabatta Bread Mix (kom in ‘n klein pakkie soos bruismeel)
- 700 ml warm water
- 30 ml olyfolie
- botter vir knie
Plaas die meelmengsel in ‘n lekker knieskottel. Meng die olie en warm water, pasop vir te warm, saam en voeg by die meelmengsel.
Smeer jou hande lekker botter en knie deur met botter tot ‘n elastiese deeg.
Plaas in gesmeerde platboom pot en laat staan rukkie om te rys.
Plaas in koue oond en bak 1 uur op 180 ºC met deksel op.
Nota:
Let wel dit moet ‘n koue oond wees wanneer jy die brood insit en net vir een uur.
Keer die brood uit op ‘n rakkie om af te koel.
So maklik so dit… lekker eet.
Foto en resep: Maryke Nel McCaig