Your Recipe Blog

“POTATO BAKE” BROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

“POTATO BAKE” BROODJIE

  • 125 ml melk
  • 2 eetlepels margarien, gesmelt
  • 4 koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 1 pakkie gis
  • Vulsel van jou keuse bv:
  • uie
  • knoffel
  • viennas
  • Cheddar kaas
  • Feta kaas
  • 1 pakkie “potato bake”
  • 1 houertjie room om mee te meng

Sif meel, sit sout en gis by.
Meng melk en margerien by die meelmengsels.
Voeg ongeveer 300 ml lou warm water by en knie die deeg.
Laat rys vir 30 min, knie deeg af. (ek sit hier my vulsel in)  Plaas in ‘n broodpannetjie, laat rys vir nog 30 min en bak vir 30 min teen 180°C vir ‘n gewone broodjie.  Kan die vulsel weglaat ook.

Maak soos op die foto:
Het brood deeg uitgerol en gevul met gebraaide uie, knoffel en Viennas en sommer kaas en Feta ook op gesit.
Rol die deeg soos ‘n rolkoek op en sny in wiele. Pak in ‘n gesmeerde oondskotel.
Laat die deeg weer goed rys.
Net voor baktyd ‘n pakkie potato bake gemeng volgens pakkie instruksies en oor gegooi.
Bak teen 180°C vir 30 min.

Resep en foto: Nicolene Adams

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page