Your Recipe Blog

“PORKBELLY” POTJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2 ure

“PORKBELLY” POTJIE

Ons het gistraant hierdie lekker porkbelly potjie gemaak en dit was baaaaie lekker.

  • 2 kg porkbelly, in groterige blokke gesny
  • 1 pakkie medium groot bruin sampioene
  • 500 g baba aartappeltjies, afgewas
  • 2 gekerfde uie
  • 1 geel soetrissie, gekerf
  • 3 stingels sitroengras, gekerf en gesoteer (lemongrass)
  • 1 eetlepel gemengde sout en peper
  • Sous :
  • ¾ koppie suiker
  • ⅓ koppie witasyn
  • ⅔ koppie water
  • ¼ koppie sojasous
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 eetlepels mielieblom (Maizena)
  • 1 opgehoopte eetlepel fyn knoffel
  • 1 teelepel droë rissievlokkies

Meng die sous bestanddele alles saam en sit eenkant neer.
Braai die uie en die vleis saam in ‘n bietjie olie.
Voeg 500 ml water by en kook vir plus minus ‘n uur. Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by.
Voeg die sousmengsel en die sitroengras asook die sout en peper by en prut vir omtrent nog ‘n uur
Bedien op op rys of soos verkies.
Dit was djeeeeeerlik.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page