“PORKBELLY” KAIINGS
En vanoggend was dit toe kaiings met mieliepap. Maak mieliepap na jou keuse en plaas ‘n lekker klont botter in asook ‘n handvol kaiings.
- 1 kg porkbellie, in blokkies gesny
- 1 teelepel sout
Plaas alles in ‘n kastrol en kook rustig tot die vleisstukkies en vetjies goudbruin is.
Roer gereeld.
Skep die kaiings af op handdoekrolpapier en giet die vet in ‘n metaalbakkie vir later gebruik soos eiers bak.
Resep en foto: Gideon Louw
Daar leer ek toe nou wraggies die regte manier. Met my 1ste probeer slag het ek dit net in die oond gesit. Dit was klip hard