POPPIE SE GEMMERKOEKIES
- 10 koppies koekmeel
- 50 ml fyn gemmer
- 25 ml koeksoda
- 2 ml sout
- 25 ml kremetart
- 4 ½ koppies wit suiker
- 225 g Stork Bake margarien
- 225 g varkvet
- 250 ml stroop
- 6 groot eiers
Sif droë bestanddele saam. Meng suiker by, frummel margarien en varkvet by, Meng die stroop by.
Klits die eiers goed en maak deeg aan met eiers.
Rol deeg in bolletjies so groot soos ‘n R5 muntstuk.
Plaas effens uit mekaar op bak plaat.
MOET NIE PLAT DRUK NIE.
As deeg reg is, behoort koekies self plat te word in oond as dit bak.
Bak 6 – 7 minute in ‘n voorverhit oond op 220°C.
Bak tot ligbruin.
Resep van my Moeder wat sy altyd gebak het.
Resep en foto: Poppie Naude