Your Recipe Blog

POMELO-,LEMOEN-, NARTJIE- OF SUURLEMOENSTROOP

POMELO-,LEMOEN-, NARTJIE- OF SUURLEMOENSTROOP

Benhet Nieuwenhuis – Ekke het die suurlemoen 1 gemaak!!!!! Ekke meng myne sommer met water!! Baie lekker en verfrissend!!

Rina Kleinhans – ‘n Sak pomelo’s het nou stroop geword en regtig dit is so lekker en verfrissend, ek was verbaas, heerlik vir die somer wat op hande is.

  • Pomelostroop:
  • 1 liter vars uitgedruk pomelosap
  • 1 liter suiker

Verhit en roer die vrugtesap en suiker oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Moenie die mengsel laat kook nie.
Giet die warm stroop in gesteriliseede bottels.
Verseël die bottels en laat afkoel.
Bêre die stroop in die koelkas.
Verdun een deel stroop met drie dele yswater net voor opdiening.
(Bv. 50 ml stroop plus 150 ml water)

  • Lemoen- of Natjiestroop:
  • 1 liter vars uitgedrukte sap
  • 750 ml suiker

Volg die metode soos bo.

  • Suurlemoenstoop:
  • 750 ml suurlemoensap,
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 750 ml suiker.

Volg metode soos bo.

Foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page