PLAASTERRIEN
Bedien saam met heel konfyt, melba brood of beskuitjies.
Genoeg as voorgereg vir 25 mense.
- 500 g streepspek
- 500 g varkmaalvleis
- 300 g beesmaalvleis
- 250 g gerookte varkspek, in dikkerige repe
- 1 kg hoenderlewers, gemaal saam met ui – 750 g gemaal en 250 g heel
- 2 ontbeende ontvelde hoenderborsies, in repe
- 3 snye brood, gekrummel
- 1 ui, gekap en gemaal saam met hoenderlewers
- 4 eetlepels botter, gesmelt
- 4 knoffelhuisies, gekap
- 1 teelepel gerasperde neutmuskaat
- ½ teelepel fyn naeltjies
- gekapte tiemie
- 4 groot eiers
- sout en peper
- pistasio neute, opsioneel
- 3 eetlepels brandewyn
- 3 eetlepels port
Voer groot broodpan uit met spek.
Maal 750 g hoenderlewers saam ui en knoffel.
Meng vark, bees en hoenderlewer maalvleis.
Geur met sout en peper, naeltjies, neut en tiemie.
Voeg broodkrummels, botter en eiers by.
Pak ander bestanddele in lae in uitgevoerde pan.
Maak toe met foelie en bak in waterbad vir plus minus 1½ uur by 180°C.
Gooi water wat gevorm is af.
Pars en plaas in yskas oornag.
Sny in skywe.
Variasie:
Foto 1: Hierdie is maar basies soos ek die plaasterrine maak. Ek het net gerookte spek buite omgesit en die hoenderlewers met eend en die hoenderborsies met eendborsies vervang.
Foto 2: Hierdie keer het ek skaaptongetjies in die middel gesit wat Tereza vir my van die Karoo afgebring het.
Kook die skaaptongetjies in water met speserye en kruie na smaak, trek die velletjies af wanneer gaar en gebruik.
Foto’s: Martie Fourie Moolman
Resep: Rene Truter Wessels