Your Recipe Blog

PLAASBROOD

Recipe by
Cook: 30 - 40 minutes

PLAASBROOD

  • 7 koppies koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • 10 ml sout
  • 10 ml suiker
  • 30 ml kookolie
  • 600 ml louwarmwater

Plaas droë bestanddele in mengbak en meng goed.
Maak holte in die meel.
Meng olie en water in ‘n aparte houer.
Giet watermengsel in die holte in die meel.
Meng alles met jou hand.
Hou ekstra meel en water byderhand indien te styf of te droog is.
Knie 10 minute.
Sit deeg in een groot of twee kleiner gesmeerde broodpanne.
Plaas op warm plek om tot dubbel die volume te rys.
Bak by 180 °C tot gaar; so tussen 30 – 40 minute.
Probeer die resep!

Plasing en foto: Pieter Britz

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page