PIZZA KOEVERTJIES
Ek het vanaand hierdie pizza koevertjies (Dit is ‘n laaaang brief) gemaak vir Manlief en Ansune Erasmus.
- 1 rol puff pastry, verdeel in 12 x 6 cm stroke
- worsies van eie keuse
- Mozarella kaas
- 3 eetlepels botter
- 2.5 ml knoffel
- 2.5 ml pietersielie
Rol deeg uit en verdeel. Plaas worsies en mozzarella kaas op. Vou toe en pak op ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer bottermengsel oor elkeen.
Bak by 200°C vir 20 min.
Bedien saam met ‘n sous van eie keuse.
Nota:
Die resep moet net aangepas word: vir twaalf is dit twee velle puff pastry, vir ses net 1 vel.
Ek het ook vanaand peppadew blatjang op die uitgerolde velle gesmeer voordat ek die worsies en kaas gepak het, dit is geurig saam met die kaas en worsies.
Dit is ook elkeen se keuse hoe groot die pizza koevertjies moet wees.
Foto en resep geplaas deur Elna Erasmus