Your Recipe Blog

PIKANTE AARTAPPELSLAAI MET SPEK

PIKANTE AARTAPPELSLAAI MET SPEK

  • 1 kg klein aartappeltjies, gekook met skil aan
  • 250 ml Fetakaas, grof gekrummel
  • gemengde neute, grof gekap
  • 250 ml gesnipperde spek
  • 1 pakkie olywe, ontpit
  • groen, rooi en oranje soetrissies (pimento), in ringeties gesny
  • 100 ml grof gekapte basiliekruidblare, knoffel grasuie en pietersielie
  • gemengde slaaiblare
  • Slaaisous:
  • 125 ml olyf olie
  • 80 ml suurlemoensap
  • 10 ml droë gemengde kruie
  • 15 ml korrelmosterd
  • knippie suiker
  • sout en gemaalde peper

Kook die aartappeltjies sag en laat koel af.
Braai die spek tot gaar en laat koel af.
Halveer die aartappels met die skil aan en plaas in die slaaibak met die spek en slaaiblare.
Voeg die soetrissies, olywe en Fetakaas by saam met die grof gekapte neute.
Voeg die gekapte basiliekruid, knoffel grasuie en pietersielie by en meng goed deur.
Meng die slaaisous bestanddele goed en giet oor die slaai.
Bedien.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page