PIESANGSLAAI MET GRONDBONE
Regtig lekker en die moeite werd… kinders dink dit is poeding 🙂
- 10 – 11 piesangs
- ¾ koppie gekapte grondbone of neute
- 2.5 ml mosterdpoeier
- 1 blik kondensmelk
- Ongeveer 1 koppie suurlemoensap of die sap van 2 suurlemoene uitgedruk
Plaas mosterdpoeier in ‘n mengbak. Voeg kondensmelk by en roer deur.
Voeg een kwart koppie suurlemoensap by en klits baie goed (gebruik elektriese klitser as jy een het).
Voeg die res van die suurlemoensap bietjie vir bietjie by en klits totdat die kondensmelk styf is soos dik vla.
Snipper helfte van die piesangs in ‘n slaaibak, skep helfte van die sous oor, snipper res van die piesangs oor en skep die res van die sous bo-oor.
Strooi die gekapte grondbone/neute bo-oor.
Bedien lekker koud.
Nota:
Maak seker dat die piesangs toe is onder die sous, dan word hulle nie swart nie, en kan ‘n hele rukkie staan.
Jy kan ook die piesangs met skil en al in kookwater sit tot die skil swart is, laat dan heeltemal afkoel voor jy dit gebruik, dit help ook dat hulle nie verkleur nie.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:Â Benhet Nieuwenhuis