Your Recipe Blog

PIESANG WORTELKOEK MET EKSTRA PIESANG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 - 30 min

PIESANG WORTELKOEK MET EKSTRA PIESANG

Heerlikste wortelkoek wat ek ooit geeet het!!!

  • Koeklaag:
  • 250 ml suiker
  • 250 ml olie
  • 3 eiers
  • 400 ml ongesifte koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 10 ml kaneel
  • 5 ml koeksoda
  • 375 ml piesangmoes
  • 250 ml grofgerasperde geelwortel
  • 125 ml gekapte okkerneute

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer 2 laagkoekpanne met ‘n deursnee van 23 cm.
Verroom die suiker, olie en eiers saam. Sif die koekmeel, bakpoeier, kaneel en koeksoda saam bo-oor en roer dit by die eiermengsel in.
Voeg die piesangmoes, wortels en neute by en meng.
Skep die beslag in die panne. Bak dit sowat 25 min (ek het dit 30 min gebak).
Laat die koek effens afkoel in die panne en keer hulle dan uit om koud te word.

  • Vulsel en versiersel:
  • 110 ml botter by kamertemperatuur
  • 375 mll versiersuiker
  • 100 ml roomkaas
  • 5 ml vanilla geursel

Verroom die botter en versiersuiker saam. Roer roomkaas en geursel by moenie klits nie.
Smeer dit as vulsel tussen die koeklae en die res bo-op as versiersel.

Foto: Benhet Nieuwenhuis

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5