Your Recipe Blog

PIESANG EN UIESLAAI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 -6 porsies

PIESANG EN UIESLAAI

  • 4 teelepels botter
  • 3 uie, in ringe gesny
  • 500 ml (2 koppies) kookwater
  • 20 ml Maizena
  • 20 ml geroosterde kerriepoeier
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml borrie
  • 75 ml water
  • 75 ml witwynasyn
  • 7.5 ml sout
  • 5 ml peper
  • 15 ml bruinsuiker
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 8 piesangs
  • Opsioneel:
  • 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny, opsioneel

Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag.
Voeg die kookwater by.
Meng die res van die bestanddele behalwe die piesangs en eiers, en voeg by die uie.
Roer gedurig tot dit kook en effens verdik.
Laat afkoel.
Sny die piesangs in skyfies en voeg by die sous.

Opsioneel:
Hardgekookte eiers wat in skyfies gesny is, kan ook bygevoeg word.

Foto en resep:  Elize de Kock

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page