PIESANG EN MALVALEKKER MUFFINS
- Meng saam en hou eenkant:
- 500 ml koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 125 ml semels
- 125 ml sagte bruinsuiker
- 75 g gesnipperde malvalekkers
- Smelt die volgende saam en hou eenkant:
- 100 g margarien en
- 75 ml gouestroop
- Meng saam:
- 185 ml plain jogurt
- 60 ml melk
- 5 ml koeksoda
- 1 groot piesang fyngedruk
Meng nou al die mengsels saam.
Skep in voorbereide muffin panne.
Bak 20 min of tot gaar by 180 ºC.
Foto en resep: Marie Grobler
Category: