PIERRE SE GESONDHEIDSBESKUIT
Baie dankie Pierre Jordaan. Het jou resep probeer en my manlief sê dit is lip-lekker! Met winter op ons hakke gaan dit ‘n regte bederfie wees.
Baie gesonde beskuit, help veral met gesonde spysvertering.
- Meng saam:
- 4 eiers
- 500 g gesmelte botter
- 1,5 koppie bruinsuiker( 375 ml)
- 2 koppies melk
- 3 eetlepels asyn
- Sif by:
- 1 kg bruismeel
- 3 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- Voeg dan by:
- 2 koppies All-Bran
- 2 koppies muesli
- 1 koppie hawermout
- 1 koppie semels
- 125 ml rosyne
- 2 blokkies Weet-bix
- 1 hoë eetlepel heuning
- 2 vol eetlepels grondboontjiebotter
Meng goed deur en plaas in beskuit panne.
Bak teen 180ºC vir een uur.
Haal uit, laat afkoel, sny of breek soos verkies en droog uit.
Resep: Pierre Jordaan
Foto: Chantelle Scheepers Mustoe