PIENK SAGO POEDING
- 2 pakkies rooi jellie
- 1 blik kondensmelk
- 375 ml kookwater
- 6 eiers, geskei
- 250 ml sago
- 1 liter melk
- 60 ml suiker
- 60 ml melk
Los die jellie op in die kookwater.
Kook die sago in die liter melk tot gaar op stadige hitte. Roer gereeld dat dit nie aanbrand nie.
Klop die eiergele saam met die suiker en die 60 ml melk.
Haal die sago van die stoof af en voeg eiermengsel geleidelik by terwyl jy heeltyd klits.
Sit die mengsel terug op stoof en kook weer oor stadige hitte vir ‘n paar min.
Klits die eierwitte styf.
Meng die jellie met die kondensmelk en die styf geklopte eierwitte.
Meng die jelliemengsel met die sagomengsel en skep in ‘n opdien bak.
Plaas in yskas om te stol.
Resep: Hennie van de Merwe
Foto: Heleen Brummer Nel