Your Recipe Blog

PICCALILLI

PICCALILLI

  • 3 kg groente van jou keuse, gewas en gesny (blomkool/komkommer/uie/wortels/groen soetrissie ens)
  • 5 liter water
  • 280 g sout
  • Sous:
  • 1 liter witasyn
  • 25 ml mosterdpoeier
  • 340 g suiker
  • 7 ml fyn gemmer

Week die groente oornag in die soutwater.
Spoel dit die volgende dag goed af en hou eenkant.
Meng die sous bestanddele saam in ‘n groot genoeg kastrol en verhit totdat die suiker opgelos het.
Voeg die groente by en kook totdat die groente sag maar nog ferm is.
Skep die groente uit in ‘n groot skottel of bak en hou eenkant.

  • Meng die volgende saam:
  • 30 ml borrie
  • 500 ml witasyn
  • 65 ml Maizena

Voeg die borriemengsel by die asynmengsel in die kastol sonder die groente.
Kook totdat die sous die regte dikte bereik het.
Dit vorm ‘n pragtige geel sous en moet nie te dik wees nie.
Skep die groente terug in die kastrol by die sous en kook dit vinnig deur.
Bottel die mengsel warm in vooraf gesteriliseerde bottels en verseël. Geniet.

Resep en foto: Martie Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5