PHILIP SE TUISGEMAAKTE TABASCOSOUS
Waarskuwing: Dit brand orals. Hierdie tabasco is ‘n moet vir die met moed vir warm goed.
- 150 g rooi rissies
- 2 liter goeie wit asyn
- 2 koppies suiker
- 100 g geskilde knoffel
- 150 g sout (die hoeveelheid is reg)
Skep al die bestanddele in ‘n glasbak en laat trek vir 2 weke.
Verpulp (pitte kan uitgehaal word om dit minder sterk te maak), en bottel. Bere in die yskas.
Resep en foto: Philip Reineke
Category:












