Your Recipe Blog

PHAD THAI

PHAD THAI

  • 300 g rys noedels
  • Sous – meng deeglik en hou eenkant:
  • 1 teelepel tamarind pasta (Of 2 eetlepels rys asyn) As tamarind gebruik word week in kwart koppie warm water
  • 3 eetlepels vissous
  • 1 teelepel droë rissie, fyn
  • 2 eetlepels Mirrin (of 3 eetlepels bruin suiker)
  • Hoendermengsel:
  • 2 hoenderborsies, ontbeen en in repies gesny
  • 2 eetlepels olie
  • 2 teelepels Maizena
  • ½ koppie sojasous
  • 1 teelepel gerasperde vars gemmer
  • 3 knoffel huisies, fyn
  • 1 groen rissie, gekap
  • 1 wortel, in dun repies
  • 2 murgpampoentjies in repies
  • 2 spruituie, gesny (spring onions)
  • 200 g boontjiespruite
  • ½ rooi soet rissie, in repies
  • 1 eier, geklits
  • vars koljanderblare
  • geroosterde grondboontjies, fyn gekap

Kook noedels volgens aanwysings en plaas eenkant.
Meng soja en Maizena. Giet oor hoender en marineer vir ten minste een uur.
Verhit die olie en roerbraai knoffel en gemmer vir ‘n paar sekondes.
Voeg hoender en marinade by en roerbraai ongeveer tien minute.
Voeg die groente by en roerbraai nog vir ongeveer vyf minute.
Voeg geklitste eier by.
Skep noedels in ‘n opskepbak.
Skep hoendermengsel bo-op en gooi sous oor.
Strooi grondbone, spruituie en koljander oor voor bediening.

Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Foto:  Marie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5