Your Recipe Blog

PEUSELTJIPPIES (SKULPIENOEDEL PEUSELHAPPIES)

PEUSELTJIPPIES (SKULPIENOEDEL PEUSELHAPPIES)

“Ek het hierdie lekker peuseltjippies gemaak opie kole in my rooi pannetjie, dit wa lekker en crisp en as jy eers begin eet issit asof jy slap custerd met ‘n vurk eet, jy kry net nie genoeg nie.”

  • 6 koppies water
  • 1 eetlepel kookolie
  • 1 teelepel sout
  • 250 g skulpienoedels
  • 3 eetlepels mielieblom (Maizena)
  • ekstra olie vir bak/braai
  • Sprinkelspeserye:
  • 1 teelepel  sout
  • 1 teelepel rooipeper
  • 1 teelepel gerookte paprika

Bring die water, kookolie en sout tot kookpunt in ‘n kastrol.
Voeg die noedels by en kook vir 7 –  8  minute.
Dreineer al die water en laat afkoel, sprinkel die maizena oor en meng deur.
Bak die noedels bietjie-vir-bietjie in warm olie totdat dit mooi goudbruin is en skep uit en dreineer.
Meng die sprinkelbestanddele saam, sprinkel die speserye oor en geniet.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page