Your Recipe Blog

PETRO SE VINNIGE KOEKIES

Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 100 - 120 ongeveer

PETRO SE VINNIGE KOEKIES

  • 500 g koue botter
  • 5 x 250 ml koppies koekmeel
  • 1 x 250 ml koppie gesifte versiersuiker

Meng alles tot ‘n lekker sagte degie met jou hande en handpalms.
Dit vat ‘n rukkie voordat dit bymekaar kom.
Hou net aan; dis terapeuties.
Knyp klein stukkies deeg af (ongeveer 15 g balletjies – of na jou keuse)  en vorm bolletjies.
Druk effe plat en pak op bakplaat.
Bak vir 15 minute teen 180 °C.

Nota:
Hang af van hoe groot jy jou bolletjies maak. Vandag ongeveer 120 koekies uitgekry.

Resep en foto: Petro Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page