Your Recipe Blog

PETRO SE POTGEBRAAIDE VARKBOUD

PETRO SE POTGEBRAAIDE VARKBOUD

“Die beste resep op die blog is die een; heerlik en sappig.”

  • 1 varkboud, grootte na gelang van wat beskikbaar is
  • olie en botter, vir braai
  • 2 uie, opgesny
  • bietjie blatjang, na smaak
  • bietjie mosterdpoeier, na smaak
  • droë tiemie, na smaak
  • vars tiemie, gekap en na smaak
  • swartpeper, na smaak
  • 1½ blokkies beesvleisekstrak, opgelos in ½ koppie kookwater
  • aartappels, gekook en hoeveelheid na smaak (sien foto)

Braai boud in bietjie olie en botter tot lekker bruin en haal uit pot. Braai uie in dieselfde pot tot lekker bruin. Smeer blatjang, mosterdpoeier en droë tiemie oor vleis. Plaas vleis terug in pot asook vars tiemie,  swartpeper en opgeloste ekstrak.
Kook op stadige hitte vir sowat twee ure of tot sag (kyk maar, dit kan ‘n bietjie uitdroog). Haal vleis uit, en kook aartappels in sous in die pot tot lekker sag.
Haal aartappels en sous uit. Behou die sous. Maak bietjie olie en bietjie van die sous warm en braai aartapels in die pot. Kyk maar om nie te vinnig te braai nie (dan bly al die lekker stukkies in die pot agter). Doen dieselfde met die vleis. Ek gebruik die res van die sous wat oorgebly het om oor vleis te bedien.

Resep: Petro van Genderen
Foto: Amanda Conradie

Nota:
Elize de Kock
Onthou om die vel af te haal; dit sal taai raak. Bak die vel apart met sout in oond vir kaiings.
Nou al twee keer die resep gemaak. Vind blatjang bietjie soet. Tweede keer minder gebruik. Maar miskien net ons smaak – eet glad nie soet nie. Aan te beveel. HEERLIK dankie, Petro. Nie gedink vark in ‘n pot kan so sappig wees nie. Onverbeterlik. Dié is ons resep vir die toekoms. Sousie ook baie lekker.
Netnou geproe en nou geëet. Liewe ouers, merk maar dié resep. Varkboud kan so maklik droog wees in die oond. Die potbraai was sag, sappig. Een woord. Heerlik.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page