Your Recipe Blog

PETRé SE RYSGEBAK

PETRé SE RYSGEBAK

  • 1 groot ui, gekap
  • 4 Russiese worsies, in ringe gesny (Kan orige braaivleis in blokkies gesny of gepluisde hoender gebruik)
  • 1 blikkie gemengde groente, gedreineer
  • 4 koppies gaar rys
  • sout en peper na smaak
  • 500 ml melk of room
  • 2 eiers

Soteer ui in ‘n bietjie botter/olie tot deurskynend. Voeg vleis by en braai goed deur. Voeg rys en groente by, asook sout en peper na smaak, meng goed, skep in oondvaste bak.
Meng melk of room met eiers en gooi oor beslag.
Rasper kaas oor en bak by 180ºC tot gestol en mooi bruin.

Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5