PETRE SE PAMPOENPIEKELS
- 1 medium pampoen, geskil en in blokkies gesny
- 2 koppies asyn
Laat lê pampoenblokkies oornag in water en asyn.
Dreineer die pampoenblokkies die volgende dag.
- Stroop:
- 4 koppies asyn
- 2 koppies water
- 7 ½ koppies suiker
- 20 pimento
- 10 heel naeltjies
- sap van 1 suurlemoen
- 1 kaneelstok
Bring stroop tot kookpunt en skep die pampoenblokkies in die kokende stroop.
Sit deksel op en laat prut totdat blokkies sag is – gebruik tandestokkie om te toets.
Skep die blokkies in flessies en giet die stroop oor terwyl nog warm en seël.
Laat staan vir ‘n week of 2 voor gebruik, gebruik in slaaie of netso.
Heerlik saam met feta en biltong.
Variasie:
Resep so ‘n bietjie verander
Pimente en naeltjies met die helfte verminder.
Halwe pakkie Pickling Spice en 1 rissie by die stroop gevoeg.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld