PETRE SE MAKLIKE WORSROLLETJIES
Kan lank hou in die vrieskas. Bak uit gevriesde stadium soos nodig.
- 1 rol skilferkors deeg
- 1 kg rou wors
Rol skilferkorsdeeg (puff pastry) oop, en rol ‘n bietjie uit, nie te dun nie. Sny die deeg in lang stoke breed genoeg om mooi om die wors te vou.
Lê die wors oor die lengte van die deeg.
Trek ‘n skerp mes oor die wors om die velletjie deur te sny.
Rol om en trek die velletjie af, rol dan die deeg oor die worsvleis, dat die naat onder is.
Sny in verlangde lengtes en vries.
Smeer met geklitste eier voor jy dit bak.
Bak by 180 ºC tot goudbruin, neem gewoonlik so om en by 20 tot 25 minute.
Resep: Petré Van Jaarsveld
Foto: Meisie Van Der Colff