PETRE SE KOEMKWATKONFYT
Dit het ek gekook soos wat ek gedink het dat ek dit wil hê.
- 1½ kg koemkwatte met ‘n naald geprik
- 1½ kg suiker
- 3 goeie spuite suurlemoensap
Plaas die geprikte koemwatte in kastrol.
Bedek met water en kook om en by 1 uur.
Voeg die suiker by, asook die suurlemoensap.
Kook tot stroop begin verdik en die koemkwatte deurskynend is.
Bottel warm in voorbereide bottels, seël dadelik.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld