PETRE SE KERRIEKOMKOMMERS
- 10 groot komkommers, in ringe gesny en gehalveer
- 1.5 kg uie, in dun halwe ringe gesny
- 2 rissies, opgekap of gedroogte rissie na smaak
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 5 koppies asyn
- 1 eetlepel sout
- 2 eetlepels gemmer
- 5 teelepels kerriepoeier
- 2 teelepels borrie
- 1 teelepel rooipeper
- 1 pakkie “pickling spice”
- 1.5 kg suiker
- Maizena, gemeng met water om te verdik
Kook die uie, gekapte rissies en knoffel saam totdat die uie deurskynend is in water. Voeg komkommerstukke by, asook die asyn en kook tot komkommers sag is, maar nogsteeds stewig. Meng die res van die droë bestanddele en voeg by die komkommermengsel.
Kook goed deur, maar moenie die komkommer stukkend kook nie.
Gebruik die maizena gemeng met water om die mengsel te verdik na smaak. Kook net deur dat die maizena gaar word.
Bottel warm.
Nota: Louise Groenewald
Ek sit redelik baie Maizena by, omtrent 5 opgehoopte eetlepels, want ek hou van hierdie resep met ‘n effens dikkerige sousie. Dis heerlik op hotdogs en hamburgers.
Resep en foto 3: Petré van Jaarsveld
Foto 1 en 2: Louise Groenewald