PETRE SE HEERLIKE MELKTERT
Kors:
1 rolletjie puff-pastry, dun uitgerol
2 tertborde moet daarop kan pas, en daar moet ‘n breë strook langs die kant oorbly om repe deeg te kan sny.
Sny kors uit (groter as tertbord). Voer terbord uit, en skraap rand gelyk met agterkant van ‘n mes.
Smeer mengsel van eier en melk op die deeg om die rand.
Sny ‘n lang strook van die deeg wat uitgerol is, en plak al om die rand van die tertbord op die deeg waarmee die tertbord uitgevoer is. Smeer boonste rand met eiermengsel.
Herhaal nog 2 keer.
Skep melktertpap in die tertbord sodat die pap oor die onderste rand wat binne die tertbord is.
- Melktertpap:
- 1 ½ liter melk
- ½ koppie koekmeel plus ½ desertlepel ,opgehoop
- ½ koppie Maizena plus 1 desertlepel, opgehoop
- 4 eiers, geskei
- ¼ teelepel sout
- ½ desertlepel vlapoeier, opgehoop
- 65 g margarien/botter
- ¾ koppie suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
Skep 1 koppie koue melk uit – hou eenkant. Verhit orige melk, margarien/botter, sout en suiker saam.
Klits apart 4 eiergele, meel, Maizena, koppie koue melk, vla poeier en vanilla geursel baie goed.
Voeg 1 koppie kookmelk by en klits weer goed.
Sodra melk kook, haal van stoof af en voeg eiergeelmengsel by.
Klits vinnig met draadklitser (whisk). Kook 1 tot 2 minute tot pap nie meer aan pot se boom vassit nie.
Klits eierwitte styf (nie te styf). Klits styfgeklopte eierwitte in pap in en gooi uit in skilferkors tertborde.
Bak vir 20 tot 25 minute teen 180ºC.
Nota:
Die melktert het nie eintlik kaneel en suiker nodig nie. Wat ek wel gedoen het, was om ‘n piering doilie op te sit nadat dit klaar gebak was en ‘n bietjie kaneel oor te sif om die patroontjie te kry..
Resep en foto’s – Petré Van Jaarsveld