PETRÉ SE GEMMERKOEKIES
Resep is gekry uit ‘n handgeskrewe boek, gemmerkoekies Rene – Ek het geen idee wie Rene is nie. Dit is maar soos resepte vroër jare bymekaar gemaak is.
Vandag se gemmerkoekies met gister se tuisgemaakte stroop gemaak. (resep op die blog)
Die koekies het ek nie uitgerol en uitgedruk nie, net balletjies gerol en net so gebak.
- 3 x 500 g bruismeel
- 5 teelepels koeksoda
- 500 g goue stroop
- 500 g margarien
- 6 eiers
- 2 eetlepels gemmer
- 1 kg geel suiker
- 1 teelepel sout
Room suiker, eiers en stroop saam.
Sif droë bestanddele saam en vryf margarien in meelmengsel in.
Meng eiermengsel met meelmengsel.
Maak klein balletjies en pak nie te na aanmekaar nie, op ‘n voorbereide bakplaat.
Nota:
Ek gebruik die 7.5 ml maatlepel gelyk vol, dan is die koekies almal ewe groot.
Moenie balletjietjies plat druk nie, hulle loop vanself plat.
Bak teen 180ºC vir om en by 10 tot 12 minute.
Foto’s en resep: Petré van Jaarsveld