PETRE SE BROOD- EN BOTTERPOEDING
- 4 snye brood, wit of bruin soos verkies
- Klits die volgende 3 bestanddele saam:
- 3 eiers, geskei (gele gemeng met 2 koppies melk, hou witte eenkant)
- ¼ koppie suiker
- 1 teelepel vanielje geursel
- ½ koppie sultanas (ek het vrugtekoekmengsel met neute in gebruik)
- ¼ koppie fyn klapper
- ½ teelepel fyn kaneel
- ½ koppie suiker
- 1 teelepel kremetart
Smeer brood met botter of margarien.
Sny in driehoeke en pak in ‘n oondbak, ek het myne in blokkies gesny.
Sprinkel sultanas, klapper en kaneel oor die brood in die oondbak.
Giet geklitste eiergeel mengsel bo oor die brood.
Klits eierwitte styf met suiker en kremetart om meringue te vorm.
Skep meringue bo-op die broodmengsel en bedek die hele poeding.
Bak teen 160°C tot die poeding gestol en die meringue goudbruin is.
Bedien met roomys of vla.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld