PETRE SE BEDRUIPSOUS
Hierdie bastingsous is heerlik saam met enige vleis.
- 750 ml rooiwyn
- 750 ml All Gold tamatiesous
- 250 ml Sojasous
- 500 g bruinsuiker
Meng al die bestanddele goed saam.
Verhit oor lae hitte tot al die suiker opgelos het en kook vir 5 minute.
Bottel warm. Kan in die kas gebere word.
Oondgebakte varktjops:
Sny ‘n ui onder in die oondpan saam met bietjie olie.
Plaas die varktjoppies bo op die uie.
Sout en peper die tjoppies.
Smeer bastingsous oor die vleis.
Bak teen 180ºC vir 30 minute of tot die bastingsous lekker taai raak.
Draai om, smeer ander kant met bastingsous en bak vir ‘n verdere 15 minute.
Geniet saam met groente of slaai van jou keuse.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld