PETRA SE TUISGEMAAKTE ROOM
(moe mooooe mooooooe) Hierdie is regtig heerlik.
- 250 g botter (SAGTE BOTTER MAAR NIE GESMELT NIE GROOT SEBLIEF)
- ¾ koppie strooisuiker
- 1 teelepel gelatien
- ¼ koppie warm water
- ½ teelepel kremetart
- ¼ koppie koue kraan water
Meng die gelatien met ¼ koppie warm water tot dit gesmelt het, hou eenkant om af te koel, sommer kamertemperatuur.
Sit die sagte botter en strooisuiker bymekaar in ‘n mengbak en klits die lewendige helle uit dit totdat dit wit of naastenby wit is. Ek het elektriese klitser gebruik.
Gooi baie stadig die koel gelatienmengsel by en meng nog.
Neem die ¼ koppie koue water en meng met die ½ teelepel kremetart, meng statig by tot alles fluffy is.
HIERDIE ROOM KAN JY VRIES OOK
Sit dit in die yskas en as jy dit die volgende dag gebruik, laat dit maar eers so rukkie buite die yskas staan sodat dit lekker smeerbaar raak soos toe jy dit geklits het.
GOEIE IDEE:
Weet julle wat is lekker. Daai sagte rolls wat mens koop, nie die bros ene nie, die sagte rolls, hamburger or hotdog rolls. Sny hom oop, geen botter, en sit dan die room daarop met dollop konfyt bo-op. Sif versiersuiker bo op en jy het die lekkerste dounut ooit. Baie gewild hier in Oz en almal is GEK DAAROOR!
Julle kan dit verkoop ook by entrepeneurs dag of stalletjies, room kannie gou suur word nie nê
Resep: Petra Pretorius
Foto: Benhet Nieuwenhuis