Your Recipe Blog

PERSKESKIL ATJAR

PERSKESKIL ATJAR

“Skrop perskes skoon wat jy gaan inlê. As jy skil, moet nie daardie skille weggooi nie!”

  • 1½ kg perskeskille
  • 2 groot uie, fyngekap
  • 3 soetrissies, fyn gesny
  • 2 koppies suiker
  • 1 koppie asyn
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel rooipeper
  • 2 teelepels koljander
  • ½ teelepel fyn naeltjies
  • Opsioneel:
  • 2 eetlepels Maizena

Braai uie in ‘n bietjie olie, voeg soetrissies (green pepper) by en braai dit ‘n bietjie.
Voeg die res van die bestanddele by en kook oor lae hitte. Roer af en toe.
Haal die pot van die stoof af en maak dit fyn met blitsmenger of so effe in ‘n versapper.
Die tekstuur moet nie heeltemal fyn wees nie.
Verdik, indien nodig, met mielieblom (Maizena), aangemaak met water.
Bottel warm.

Nota:
Ek sit my bottels in die oond om te steriliseer.

Resep en foto: Marieta James

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page