Your Recipe Blog

PERSKEROL

PERSKEROL

Ek moet nou net geduldig wag tot my perskerol gedroog het voor ek my tanne daarin kan slaan.

  • 20 taaipit geelperskes, ontpit
  • 1 koppie suiker

Maal die perskes met die grofste siffie van die meul (omtrent 6 mm gaatjies ) en voeg die suiker by en meng goed.
Ek het dit gegiet op groot teëls wat gespuit is met spray en cook en egalig plat gesmeer met ‘n spaan tot omtrent 5 tot 6 mm dik.
Plaas in die son om te droog en bedek met gaas om insekte en vlieë weg te hou.
Ek gaan dit oornag binnetoe neem om teleurstelling te voorkom.
Ek gaan dit mooi dophou tot dit aftrekbaar droog is en dan oprol om sodoende ‘n gedroogde perskerol te vorm.
Ek hoop dit gaan n lekker eindproduk wees.

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page