PERSKEKONFYT
- 3 kg grofgerasperde perskes
- 2.5 kg suiker
- botter om aan die binnekant van die kastrol se rant te smeer
- 3 goeie spuite suurlemoensap
Meng perskes en suiker saam tot ‘n dik stroop vorm.
Kook vir om en by 35 minute vandat dit begin kook op hoog.
Doen die piering toets en indien dit reg toets.
Bottel warm.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
Category: