PERSKE PICCALILLI-SLAAI
- 1 x 820 g blik perskeskywe, dreineer die sous af
- 1 bottel piccalilli (380 g)
- 250 ml kondensmelk
- 1 ml mosterdpoeier
- 2 piesangs, in ringetjies gesny
Meng al die bestanddele saam.
Die slaai kan sonder die piesangs 2 dae voor die tyd gemaak word, sodat die smake met mekaar trou.
Voordat jy bedien, voeg piesang by en sit op slaaiblare.
Ek gaan dit bedien saam met braaivleis.
Ek sal volgende keer ‘n ½ teelepel ligte kerrie bysit.
Resep geplaas deur Magde Van der Kolff
Foto: Magde Van der Kolff